| |||||
Nasionale leuse: Unus pro omnibus, omnes pro uno (la) "Einer für alle, alle für einen" (de) "Un pour tous, tous pour un" (fr) "Uno per tutti, tutti per uno" (it) "In per tuts, tuts per in" (rm) (Afrikaans: "Een vir almal, almal vir een") | |||||
Volkslied: Switserse Psalm | |||||
Hoofstad | Geen (de jure) Bern (de facto)[1] | ||||
Grootste stad | Zürich | ||||
Amptelike tale | Duits (62%) Frans (23%) Italiaans (8%) Romansch (0,5%) | ||||
Regering | Federale multi-partye republiek met deeglike elemente van direkte demokrasie Viola Amherd (President) Karin Keller-Sutter (Adjunkpresident) Guy Parmelin Ignazio Cassis Albert Rösti Elisabeth Baume-Schneider Beat Jans Viktor Rossi | ||||
Onafhanklikheid • Stigtingsdatum
• Verdrag van Basel • Vrede van Westfalen • Restourasie • Bondstaat |
Federale Verdrag ca. 1300, gevier op 1 Augustus 1291 22 September 1499 24 Oktober 1648 7 Augustus 1815 12 September 1848 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
41 285[2] km2 (132ste) 15 940 myl2 4,34 (2015)[3] | ||||
Bevolking - 2023-skatting - 2015-sensus - Digtheid |
8 902 308[4] (99ste) 8 327 126[5] 207 / km2 (48ste) 536,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,962[7] (1ste) – baie hoog | ||||
Gini (2022) | 31,1[8](19de) – laag | ||||
Geldeenheid | Frank (CHF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+1) MEST (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .ch | ||||
Skakelkode | +41 |
Switserland (Duits: Schweiz; Frans: Suisse, [sɥis(ə)]; Italiaans: Svizzera, [ˈzviːtːsera]; Romansch: Svizra, [ˈʒviːtsrɐ] of [ˈʒviːtsʁɐ], ), amptelik die Switserse Konfederasie (Duits: Schweizerische Eidgenossenschaft; Frans: Confédération suisse; Italiaans: Confederazione Svizzera; Romansch: Confederaziun svizra, ), is 'n klein landingeslote, federale staat in Sentraal-Europa, met Duitsland, Frankryk, Italië, Oostenryk en Liechtenstein as aangrensende lande. Die laasgenoemde vorm sedert 1923 'n monetêre en doeane-unie met Switserland, en ook sy buitelandse belange word deur die Konfederasie waargeneem. Switserland het 'n lang tradisie van politieke en militêre neutraliteit, maar word nogtans dikwels vereenselwig met internasionale samewerking aangesien dit die tuiste is van baie internasionale organisasies.
Confoederatio Helvetica (CH), die Latynse weergawe van die amptelike naam, vermy 'n keuse tussen die vier amptelike tale. Die afkorting word op soortgelyke manier gebruik – onder meer as Switserland se Internet-topvlakdomein, .ch.
Die bevolking van Switserland vorm geen etniese, taalkundige of godsdienstige eenheid nie. Hul identiteit word gevorm deur hul gemeenskaplike geskiedenis, die gemeenskaplike mites, die gemeenskaplike politieke oortuigings en beginsels (wat onder meer die federalisme, direkte demokrasie en neutraliteit insluit), die geografie en klein oppervlakte en ook die oortuiging dat hulle 'n uitsondering in Europa vorm.